DIE BYBEL

 

 

Sesotho

Sowat 4 miljoen Suid-Afrikaners praat Sesotho as huistaal en meeste Sesotho sprekers is in die Vrystaat en Gauteng woonagtig. Dit word ook in Lesotho gepraat.

Eugène Casalis en Samuel Rolland, twee sendelinge van die Paryse Evangeliese Sendinggenootskap het reeds in 1836 met die vertaling van die Bybel in Sesotho begin en die eerste Bybelgedeeltes, Die Evangelies van Markus en Johannes, is in 1839 gepubliseer.

Die vertaling van die volledige Bybel is in 1878 voltooi en gedeeltes is op sendingdrukperse by Morija en Masitisi in Lesotho gedruk. Die eerste Bybel wat in een volume gepubliseer is, is in Engeland in 1881 gedruk. Weens die Basotho oorloë kom die Bybels eers in 1883 in die destydse Basotholand aan.

Die mees onlangse vertaling van die Sesotho Bybel was in 1989 en word deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gepubliseer.