BID SAAM MET ONS BYBELGENOOTSKAPPE

 

 pray

 
 

12 – 18 Mei

Maleisië: Bid vir ons missie om die Bybel aan alle Maleisiërs beskikbaar te stel. Bid dat ons hulle by die
Woord van God kan betrek en dat ons mense van ander geloofsgroepe met die Bybel kan bedien. Bid dat ons ’n nouer verhouding met plaaslike kerke kan hê sodat ons digitale Bybelmateriaal kan produseer wat die behoeftes
van die nuwe generasie sal aanspreek.

 

Thailand: Die meerderheid Thaise mense het geen kennis van Christenskap of die Bybel nie. Christene maak slegs 1,2% van meer as 71 miljoen inwoners uit. Bid vir die sukses van ons visie om toe te sien dat elke Thai ’n Bybel het en ook die vaardighede het om dit te gebruik. Bid vir ons vertaling- en verspreidingspogings en voorspraakinisiatiewe en dat ons Thaise Christene sal kan help om die Skrif te verstaan en te waardeer.

 

Mianmar: Bid vir ons volgehoue pogings om die Bybel in
die hartstale van al ons land se mense te vertaal. Bid vir
ons visie om, in samewerking met ander instansies, Bybelhulpmiddels en die Woord van God in verskeie
formate beskikbaar te stel.

 

Laai die kwartaallikse (Q2 2024) PDF-dokument hier af.

   

Kaart Nov Des