• Ons Missie

    Dit is die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.
  • 1

Openhartig met die Bybel

blog 16

In Augustus het ons saam met die res van ons land vrouemaand herdenk. 'n Groep vroue uit verskillende dele van die samelewing het met ons gedeel wat die Bybel vir hulle beteken. Lees gerus wat hulle sê:


Tricia 2Tricia Solomon is 'n 48-jarige inwoner van Kaapstad wat reeds sedert geboorte gestrem is. Op die ouderdom van 38 is sy met spierdistrofie gediagnoseer. Haar mantra vir die lewe is "vir Jesus". Tricia glo, "Die Bybel is een van die punte hoe ek met God kontak maak en deur dit te lees leer ek wie Hy is, van sy ongelooflike liefde vir my en van sy genade".





Annie 2Annelize Bakkes
of Annie, soos haar man haar noem, is ma van twee – Joshua haar stil, maar avontuurlustige seun en Amelie, haar lewendige dogter. "Vir my is die Bybel 'n liefdesbrief en al klink dit teenstrydig, 'n streng reëlboek om ons vry te maak."






Catherine 2Catherine Milward-Bridges (Nhlapo)
is ma van 'n 12-jarige dogter en 'n kommunikasiespesialis. "Vir my is die Bybel die mees objektiewe boek wat ek nog gelees het, 'n boek wat reguit met jou praat. Dit is ook 'n betroubare kompas en dit bring troos en verligting wanneer ek dit die nodigste het.”






Shelley 2Shelley Reeves
is 'n motiveringskunstenaar wat die gawes van kuns, geestelike interpretasie en bewustheid van die gawes wat God aan haar gegee het, gebruik om liefde en geloof visueel uit te beeld. "Die Bybel is 'n tasbare, konkrete bewys van hoe die Heilige Gees gewone mense gehelp het om 'n ware weergawe van kragtige gebeure en konsepte in die geskiedenis van die mensdom neer te skryf. Omdat dit die woord van God is, bevat dit wysheid wat mense deur elke eeu kon beïnvloed en inspireer en steeds doen. Dit verloor nooit sy relevansie en belangrikheid nie en dit sal sonder twyfel die toets van die tyd weerstaan. Dieselfde kragtige Heilige Gees is vandag steeds lewendig en aktief, en help ons en rus ons toe om God deur die Bybel te leer ken."

Bianca Josias 2Bianca Josias
, 'n vriendelike mens wat uitgaande voorkom, maar eintlik 'n introvert is wat die lewe ernstig opneem. Sy het mense baie lief en het 'n oorweldigende behoefte om mense in nood te help. "Die Bybel is my gids wat lig en waarheid laat skyn in areas van my lewe wat ek nie eers besef het ek aandag aan moet skenk nie. Die Bybel bevat 'n rykdom en prag en alhoewel dit ook konsepte bevat wat ek nie verstaan nie (en heel moontlik nooit sal verstaan nie), ondervind ek groot bevrediging wanneer ek 'n gedeelte lees en alles val in plek en ek verstaan dit."



Talia 2Talia Taule
erken dat sy 'n sondaar is wat deur die genade van die Here gered is. As sy haar sin kan kry, wil sy graag oral rondgaan om mense, veral jong meisies, van Jesus te vertel. Talia vertel opgewonde: "Die Bybel is my wêreld, dit beteken baie vir my. Dit is my geliefkoosde boek. Dit het my nader aan die Here gebring op 'n manier wat ek my nooit kon voorstel nie. My verlossing maak nou vir my sin want deur die Woord word my gees gevoed en groei ek elke dag in my wandel met God."



Bianca Robertson 2Bianca Robertson
se roeping is om volgens God se belofte in Matteus 6:33 te leef. Haar begeerte is om die hande en voete van Christus te wees deur die menseregte van weerloses te beskerm en vlugtelinge en kinders deur haar huidige werk by die Verenigde Nasies se Hoë Kommisaris vir Vlugtelinge te dien. Bianca sê: "Die Bybel is God se liefdesverhaal aan die wêreld en die verhaal van Jesus se oneindige liefde. Wanneer ek die Bybel lees, sien ek wie God werklik is en Hy is suiwer liefde. Die Bybel is ook die goeie nuus dat God elkeen in hierdie wêreld so liefgehad het dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het, sodat elkeen wat in Hom glo nie sal sterf nie maar die ewige lewe sal hê."

Anita 2Anita Rowland
is 'n dogter, vrou en ma van 'n baie spesiale seuntjie. Sy werk in die kreatiewe wêreld as 'n vervaardiger en bemarker met 'n sterk fokus om korporatiewe stories te vertel. "Vir my is die Bybel 'n onuitputlike bron van krag, lig en leiding, en dít getuig van 'n ewige liefdesverhaal. Wanneer ek die Bybel lees, voel dit (vir my) asof God die woorde van die baie boeke in die Bybel met bonatuurlike krag gevul het."




Abby 2Abigail van der Linde
, oorspronklik van Kimberley, sê: "Dit was my lewensdroom om 'n dokter te word en dit het waar geword toe ek my graad aan die Universiteit Stellenbosch voltooi het. Ek kan eerlik sê dat ek lief is vir my werk en dat om mense te help, vir my 'n passie is." Sy voeg by: "Die Bybel is vir my alles. Dit is God se woord en dit het krag. Dit is lewe, lig en soos ons in Johannes 1:1 lees, God self. Die Bybel wys die pad na God, vrede, hoop en die ewigheid. Dit is ook wonderlik om te besef dat sonder die Bybel sou ons nie geweet het wie God is nie en hoe lief Hy ons en sy skepping het nie. Sonder die Bybel sal hierdie wêreld verlore wees."

Die afgelope maand was vir ons 'n wonderlike ervaring. Wat beteken die Bybel vir jou?

Bogenoemde is uittreksels wat geneem is van ons Facebook en jy kan die stukke volledig lees by https://www.facebook.com/biblesocietysouthafrica/.

'n Bybel vir
elkeen

Gee nou