BID SAAM MET ONS BYBELGENOOTSKAPPE

 

 pray

 
 

14 – 20 April

Brasilië: Ons Fostering Values in Schools-projek hoop om deur bybelse leringe etiese en sosiale waardes te laat herleef. Ons wil ook help om ’n kultuur van vrede binne skoolgemeenskappe te kweek. Bid dat die Brasiliaanse wet meer verdraagsaam sal word teenoor die gebruik van die Bybel in skole.

 

Peru: Bid vir ons projek wat gedrukte Bybelmateriaal gebruik om die duisende mense wat in afgeleë gemeenskappe in die Peruaanse hooglande woon, aan Jesus Christus bekend te stel. Bid vir die inheemse pastore en leiers wat aan die projek deelneem.

 

Laai die kwartaallikse (Q2 2024) PDF-dokument hier af.

   

Kaart Nov Des