RAAD VAN DIREKTEURE

 

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is ’n nie-winsgewende maatskappy wat deur ’n Raad van Direkteure beheer word. Hulle adviseer en ondersteun die Uitvoerende Hoof, Rodney van Wyk, in die uitvoer van ons missie en visie.

image

RANTOA LETŠOSA

Voorsitter

Rantoa dien sedert 2023 op die Raad van Direkteure. In 2024 is hy tot Voorsitter van die Raad verkies. Hy is die Dekaan van die Fakulteit Teologie en Godsdiens by die Universiteit van Pretoria en ook lid van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.

 

 

 
image

DAWIE THERON

Ere-tesourier

Dawie is in 2023 tot ere-tesourier van die Raad van Direkteure verkies. Hy is die eienaar en direkteur van FHBC, ’n belasting- en rekenkundigepraktyk. Dawie is ’n geordende predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk.

 

 

 
image

PAUL DU PLESSIS

Raadslid

Paul dien seder 2017 op die Raad van Direkteure. Hy is ’n emeritus-predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Paul het voorheen vir 'n termyn van ses jaar as voorsitter van die Raad gedien. Hy is in 2024 weer tot die Raad verkies.

 

 

image

BEN VERMOOTEN

Raadslid

Ben is in 2024 tot die Raad van Direkteure verkies. Hy is ’n ervare korporatiewe uitvoerende beampte met meer as 30 jaar se ondervinding in senior uitvoerende rolle in gelyste, publieke en private maatskappye. Hy dien op direksies van verskeie maatskappye in ’n nie-uitvoerende hoedanigheid.

 

 

image

NDUMI MEDUPE

Raadslid

Ndumi is in 2022 tot die Raad van Direkteure verkies. Sy het in 2002 haar kwalifikasie as ’n geoktrooieerde rekenmeester behaal. Sy het meer as 25 jaar ondervinding in interne oudit, risikobestuur en finansiële bestuur in beide die publieke en private sektore.

 
 
 
image

RODNEY VAN WYK

Raadslid

Rodney van Wyk is ’n geordende predikant van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Hy het voorheen 11 jaar op die Raad gedien, ses daarvan as voorsitter. Hy is in 2023 as Uitvoerende Hoof van die Bybelgenootskap aangestel.

 

 

image

WAYNE WALLANDER

Raadslid

Wayne het in 2014 as rekenmeester by die Bybelgenootskap aangesluit en is in Oktober 2022 as die Finansiële Hoof aangestel. Nadat hy ’n GR(SA) kwalifikasie verwerf het, het hy etlike jare in die finansiële en ouditbedryf as ouditeur en finansiële verslagdoeningsrekenmeester gewerk.