Bybel-per-Maand Klublede gee maandeliks ’n bydrae en ondersteun ‘n spesiale projek om die Bybelgenootskap te help om minstens een Bybel vir iemand teen ’n bekostigbare prys beskikbaar te stel. Dink ’n bietjie hoe dit sou wees as jy nie jou eie Bybel gehad het nie. En tog is daar baie mense wat nie ’n Bybel in hulle eie taal besit nie. Jy kan help om dit moontlik te maak en so lewens deur die Woord van God verander.