Ons moedig mense aan om die Bybel te lees en om vir hulle toegang tot die Bybel in die taal van hul keuse te gee.
Laai ons apps gratis af. Bevat geen advertensies nie.
By die Bybelgenootskap is ons toegewyd daaraan om die Bybel toeganklik te maak vir mense regoor die wêreld, ongeag hulle ligging of taal. Benewens ons Bybelvertalingsprojekte, en die publikasie en verspreiding van gedrukte Bybels in ons 11 amptelike tale, het ons onvermoeid gewerk om in die groeiende behoefte aan digitale Bybels en materiaal om Bybelbetrokkenheidmateriaal te bevorder, te voorsien.
Ons doelwit is om te verseker dat almal toegang tot die Bybel het en ons glo dat die digitale landskap die ideale medium is om dit te help bereik.
Sluit aan by die meer as 420 000 mense wat deur BibleSA by die Bybel betrokke raak deur ons Bybelbetrokkenheidsplatform. Met kenmerke soos gebruikersvriendelike navigasie, Oudiobybels, leesplanne en gevorderde soekopsies, is BibleSA ontwerp om Bybelbetrokkenheid te bevorder.
Deur hierdie inisiatief te ondersteun, kan jy ons help om voort te gaan om hierdie waardevolle hulpbron aan ons digitale gemeenskap te verskaf.
Met ʼn gratis BibleSA-profiel kan jy:
Ons gratis Bybel-apps, beskikbaar in 11 amptelike tale, is meer as 1,8 miljoen keer afgelaai. Ons bied ook ʼn spesiale app vir die Dowes, met Die Bybel vir Dowes en die Engelse The Bible for the Deaf. Deur hierdie apps af te laai, kan jy in jou voorkeurtaal met die Bybel omgaan.
Ses gewilde Bybelverhale vir kinders met kleur illustrasies en vasvrae-oefeninge wat leesvermoë en basiese syfervaardigheid toets. Bybelverhale sluit in: Die geboorte van Jesus, Jesus by die troue, Die barmhartige Samaritaan, Jesus maak die storm stil, Saggeus en Jesus leef!
Slegs beskikbaar in Afrikaans, Engels, isiZulu, isiXhosa en Sepedi.
Laai dit gratis af op die Google Play Store, Huawei AppGallery en Apple App Store.
As jy ʼn Java-selfoon met beperkte internettoegang en stoorplek het, het ons net die app vir jou.
Besoek https://m.bibles.co.za/ vir meer inligting.
Laai ʼn verskeidenheid gratis Skrifgedeeltes en seleksies van ons hulpmiddelsblad af.
Sluit by ons missie aan om die Bybel vir almal toeganklik te maak en saam kan ons voortgaan om lewens te beïnvloed deur ons digitale Bybelinisiatiewe.
Jou donasie sal ons help om ons gratis digitale platforms en apps in stand te hou en te verbeter, asook om ander Bybelgenootskappe (wat onder moeilike omstandighede in ander lande werk) te help om van die infrastruktuur gebruik te maak, om in die Bybelverwante behoeftes in hul lande te voorsien.