Projekte

Sedert 1820 is dit die missie van die Bybelgenootskap om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar. Deur ons projekte te ondersteun, kan jy help om te verseker dat ons werk voortduur.

Klik op ʼn projek hier onder om meer uit te vind, of hoe jy ons finansieel kan ondersteun.

Lees en leer

Die Bybelgenootskap probeer om Bybelbetrokkenheid en geletterdheid deur sy Lees en Leer-inisiatief te bevorder. Hierdie inisiatief bestaan uit twee projekte, die Bybelgebaseerde geletterdheidsprojek en Bybels vir graad 7-leerders. Albei is spesifiek op kinders gerig.

Beide hierdie projekte is deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens vir Artikel 18A-openbare weldaadsvoordele goedgekeur. Sakeondernemings, organisasies en trusts wat hierdie projekte finansieel ondersteun, kan hierdie bydraes van hulle belasbare inkomste aftrek.

Let asseblief daarop dat hierdie belastingvoordeel slegs op sakeondernemings, organisasies en trusts van toepassing is en nie op individuele donateurs nie.