Arm en sonder blyplek?
Soms het ons nie woorde wanneer ons gekonfronteer word met die armoede wat ons daagliks rondom ons sien nie. Hierdie Bybelseleksie is saamgestel om dié wat swaar kry hoop te gee.
Soms het ons nie woorde wanneer ons gekonfronteer word met die armoede wat ons daagliks rondom ons sien nie. Hierdie Bybelseleksie is saamgestel om dié wat swaar kry hoop te gee.
Soms word ons oorweldig deur die swaarkry van die lewe. Hierdie Bybelseleksie is saamgestel om dié wat deur donker dieptes gaan nuwe hoop te gee.
Die lyding van die talle mense wie se lewens deur MIV/vigs aangeraak is, gryp ons aan die hart. Hierdie Skrifgedeeltes is saamgestel om dié wat ly, te bemoedig en te versterk.
Die Bybel is ‘n bron van hoop. Dit gee versekering, blydskap en krag. Laai jou eksemplaar van Die Bybel: Hoop vir almal af en lees meer oor hoop in die Bybel en deel dit met ander.
Die e-boek weergawe van die Evangelie volgens Johannes in Afrikaans met kruisverwysings en voetnote. Beskikbaar in epub-formaat wat op rekenaar, e-lesers, slimfone en tabletrekenaars afgelaai kan word. Die mobi-formaat is ook beskikbaar vir diegene wat ‘n Kindle besit.
Die vier Evangelies vertel die verhaal van Jesus se lewe, sy dood en sy opstanding. Hierdie e-boekweergawe van die Evangelies volgens Matteus, Markus, Lukas en Johannes sluit kruisverwysings en voetnote in.
Volg E100, ‘n opwindende leesrooster wat jou help om in een jaar deur die Bybel te lees. Dit neem jou deur 100 essensiële Skrifgedeeltes uit die Bybel wat die groter prentjie duidelik maak.
Regdeur die Bybel speel mans ‘n belangrike rol. Sommige het in ‘n verhouding met God gestaan, terwyl ander weer hul rug op Hom gekeer het. Tog het God met elkeen ‘n pad gestap.
Hierdie pamflet verseker jou van God se liefde en beklemtoon wat dit beteken om ‘n kind van God te wees. Verskeie Skrifgedeeltes word aangehaal om jou deur moeilike tye te dra.
Regdeur die Bybel speel vroue ‘n belangrike rol. Sommige het in verhouding met God gestaan, terwyl ander weer hulle rug op Hom gedraai het. Hulle was vroue met verskillende dimensies, vroue met verskillende lewensomstandighede.
Vreemdelingehaat steek gereeld kop uit in ons land. Besorgdheid oor die lot van vlugtelinge en immigrante loop egter diep in die Bybel. Hierdie Skrifgedeeltes is saamgestel om die vreemdeling in ons midde te verseker van God se liefde en sorg.
Verkragting kan met enige iemand gebeur – selfs die dogter van ‘n magtige koning. Hierdie Skrifgedeeltes is saamgestel om slagoffers te bemoedig en te versterk.
Hierdie boekie bevat dertig temas met toepaslike Skrifgedeeltes wat verskillende aspekte van versorging belig. Elke tema word afgesluit met vrae vir nabetragting wat jou sal help om die boodskap in die Skrif op jou lewe en jou taak as versorger toe te pas.
Die Bybel kan oorweldigend wees vir nuwe lesers. Hierdie boekie sal hulle help om te verstaan wat die Bybel is en hoekom hulle dit moet lees. Dit bevat praktiese voorbeelde wat verduidelik hoe om deur die Bybel te navigeer en help lesers om die Bybel op hulle alledaagse lewe toe te pas.
Troos vir MIV/vigs-lyers en die mense na aan hulle. Die Bybel het goeie nuus – die goeie boodskap van God se liefde en aanvaarding. Hierdie boekie met talle vertroostende Skrifgedeeltes sal jou bemoedig en jou verseker dat jy nie alleen is nie.
Hierdie Skrifgedeeltes is saamgestel om mense in tye van siekte en moeilike omstandighede te vertroos en te bemoedig.
Die Bybel is baie eeue oud. Tog is die boodskap van hierdie boek uit die verre verlede steeds nuut en vars vir elke generasie. Mag jy in hierdie seleksies uit die Skrif die pad na redding herontdek deur die lewenswaarhede wat daar in God se Woord te vinde is.
Die Bybelgenootskap-beweging begin by ‘n Walliese meisie, Mary Jones, se begeerte na ‘n Bybel. Mary is gebore in ‘n tyd toe Bybels baie skaars en duur was en het van kleins af ‘n verlange na ‘n eie Bybel gehad. Op 15-jarige ouderdom, nadat sy vir jare gespaar het, het sy ongeveer 40 km te voet afgelê om ‘n Bybel te bekom.
Almal is soms bang – dit maak nie saak hoe volwasse jy is nie. In sy Woord stel God ons keer op keer gerus en verseker Hy ons van sy konstante liefde en sorg. Hierdie seleksie Skrifgedeeltes herinner jou aan God se vertroosting in tye van onsekerheid en angs. Hy beloof om ons nooit te verlaat nie.
My 2de Bybel Doen en Leer Boek is die volgende vlak in ons Bybelgebaseerde geletterdheidsreeks. Hierdie boekie bied onderrig in basiese sowel as bybelse geletterdheid deur middel van die verhale wat Jesus oor die koninkryk van God vertel het.
My 3de Bybel doen en Leer Boek is die volgende vlak in ons Bybelgebaseerde geletterdheidsreeks. Spesiale kenmerke: 6 Bybelverhale met kleurvolle illustrasies; verskeie lyntekeninge – ideaal vir inkleur; wiskunde- en taalaktiwiteite na elke verhaal en is disleksie vriendelik.
My eerste Bybel Doen en Leer Boek, ‘n leesboek van 42 bladsye vir basiese geletterdheid waar beginnerlesers van enige ouderdom blootgestel word aan letters, syfers en woorde deur middel van die ryk skat van Bybelverhale en hulle kleurvolle karakters.
Het jy enige vrae oor die Bybel? Hierdie boekie bevat interessante inligting oor die Bybel, insluitend: Het jy geweet?, Wie het die Bybel geskryf?, Wanneer is die Bybel geskryf?, Waarom kan ons die Bybel vertrou?, Hoe betroubaar is die Bybel deur die eeue oorgelewer?, Wat beteken die Bybel vir my? en Hoe kry ek antwoorde op my vrae?
Hierdie handige sakgroottegids, Padkaart vir die lewe, bevat ‘n verskeidenheid wyse woorde uit die Bybel. Enigiemand, ongeag of hulle studeer, werk, of uitsien na aftrede, kan dit as ‘n riglyn in hulle lewe gebruik. Met God as jou kompas, sal hierdie Skrifgedeeltes jou op jou lewenspad lei en jou help om jou geloof toe te pas in die verskillende fases op jou lewenspad.
Hierdie seleksie is spesifiek saamgestel vir ‘n handige verwysing waar om plante en diere wat in die Bybel voorkom, te vind, asook ‘n hele paar beroepe in die Bybel wat steeds vandag beoefen word.
Hierdie boekie sit 10 riglyne met toepaslike Skrifgedeeltes uiteen oor hoe om met integriteit te leef en te werk, met ander woorde soos God wil hê ons moet leef en werk. Dit sal ons help om ons daaglikse werk só te doen dat ons God tevrede stel en ook seker kan wees van sy seën. Dit kan deur bestuur sowel as werkers in die werkplek gevolg word sodat almal daarby kan baat vind.
Wanneer ‘n mens in nood is en die Here se krag en vertroosting soek, voel jy soms magteloos. Hierdie Skrifgedeeltes uit die Boek van die Psalms is ingedeel op ʼn wyse wat jou kan help om ʼn gepaste Skrifwoord vir jou omstandighede te vind.
Die Bybel is ‘n boek wat die ondervinding van mense en die manier waarmee God met ons omgaan, beskryf. Hierdie verwysings sal jou help om boodskappe in die Woord te vind wat sal help om die uitdagings, probleme en vreugdes van die lewe te hanteer.
Oneerlikheid en korrupsie is niks nuuts nie. In die Bybel stel God egter sy misnoeë met oneerlikheid en korrupsie duidelik. Hierdie seleksie Skrifgedeeltes moedig gelowiges aan om waaksaam te wees teen korrupsie en om altyd die eerlike weg te volg.
Alkohol- en dwelmmisbruik is besig om onberekenbare skade in ons samelewing aan te rig. Volwassenes sowel as jongmense word blootgestel aan die gevolge hiervan. Hierdie seleksie Skrifgedeeltes waarsku mense teen die dwaasheid van dronkenskap en verslawing en bied ‘n reddingstou aan dié wat hulle in die kringloop van verslawing bevind.
Mishandeling en gesinsgeweld bedreig talle mense in ons land. Hierdie seleksie Skrifgedeeltes verseker jou dat Christus gekom het om mense vry te maak van slawerny en bemoedig diegene wat aan mishandeling blootgestel word.