BID SAAM MET ONS

26 Oktober – 1 November

Honduras: Bid vir ons nuwe Hoofsekretaris, Marlon Cardona, terwyl hy hierdie nuwe fase van leierskap betree. Vra God om wysheid en visie te skenk. Dank God vir past Jorge Gómez se meer as 30 jaar van getroue diens en blywende nalatenskap.

El Salvador: Bid vir ons Living in the Middle of Fear-projek wat kinders help om die trauma van geweld deur God se Woord te verwerk. Vra God om onderwysers en skole wat hierdie program gebruik, te versterk.

Suriname: Suriname se ryk taaldiversi­teit skep ’n voortdurende behoefte aan die Bybel in verskillende tale. Bid vir die suksesvolle vertaling en verspreiding van God se Woord.