Indonesië: Bid vir ons projek wat kerke help om deur digitale hulpmiddels groter Bybelbetrokkenheid onder mense te bevorder. Vra God dat ten minste 100 kerke en 50 Christelike gemeenskappe die platform sal begin gebruik, sodat meer mense die Bybel sal lees, hoor en deel.
Australië: Bid vir die Oceania Translation Officer Scholarly Editions-projek, wat vertalers en konsultante met Griekse en Hebreeuse hulpmiddels toerus. Hierdie belegging is daarop gemik om 34 Bybelvertalingsprojekte, insluitend gebaretaalprojekte, te versterk en te help verseker dat toekomstige vertalings akkuraat is.
Hongkong: Slegs 16% van Hongkong se inwoners identifiseer as Christene. Bid vir die Bybelgenootskap wat die Bybel deur vertaling, publikasie en digitale hulpbronne meer toeganklik maak.
Taiwan: Bid vir die eerste Bybelvertaling in Taiwannese Gebaretaal, wat byna 140 000 Dowes sal dien. Vra God om die vertalers met wysheid en eensgesindheid te lei en dat dowe gemeenskappe die Bybel beter sal leer ken.