BibleSA
previous arrow
next arrow
BibleSA
previous arrow
next arrow

Ons Visie

‘n Bybel vir elkeen.

Ons Missie

Dit is die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.

Meer as 200 jaar se Bybelwerk

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is ‘n nie-winsgewende organisasie wat bestaan om die Kerk en alle Suid-Afrikaners te dien. Verskeie kerkgenootskappe is lede van die Bybelgenootskap en vorm deel van ons bestuurstruktuur.

Ons fokus is daarop om toeganklikheid te verskaf tot bekostigbare Bybels en Bybelse materiaal deur vertaling, produksie, en verspreiding — alles moontlik gemaak deur ons fondsinsamelingsprojekte.

jongste nuus

Hoekom geletterdheid belangrik is vir die toekoms van Suid-Afrika

Elke kind verdien die kans om met selfvertroue te kan lees. Lees kan ’n kind se lewe verander. Die ontsluit die deur na leer, bou selfvertroue en skep geleenthede vir ’n beter toekoms. Tog is daar miljoene Suid-Afrikaanse kinders wat nooit hierdie kans kry nie. Met die voltooiing van graad 4 is daar sowat 82% van leerders wat nog nie met begrip kan lees nie. Hulle herken die woorde op die bladsy, maar sukkel om die betekenis te verstaan. Wanneer hierdie leemte ontstaan, bemoeilik dit elke leergebied en word onderrig in die geheel ’n uitdaging.

Lees meer

Gebruik jou volgende uitdaging om lewens te verander

Daar is elke jaar duisende Suid-Afrikaners wat persoonlike uitdagings aanpak om hulle uithouvermoë, deursettingsvermoë en toewyding te toets. Net die afgelope naweek het duisende atlete by die wegspring van die Comrades-marathon aangetree om die bykans 90 km in een van die wêreld se bekendste padwedlope aan te pak. Hoewel die bevrediging om die wenstreep te bereik dikwels voldoende motivering is, vind baie deelnemers dat hulle pogings selfs meer betekenisvol kan wees.

Lees meer

God se Woord spreek in die stilte

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het verlede jaar die taak aangepak om gespesialiseerde Bybels meer vrylik aan die dowe gemeenskap in die land beskikbaar te stel. So is Die Woord binne die Stilte-veldtog gebore. Die Bybelgenootskap het hierdie veldtog in September – wat ook Dowebewustheidsmaand is – van stapel gestuur met die doel om R100 000 in te samel. Dit sou die verspreiding van 500 van hierdie Bybels verseker aan skole, kerke en organisasies wat die dowe gemeenskap bedien.

Lees meer

Die reg op hoop

Elke Menseregtedag herdenk Suid-Afrikaners die stryd om waardigheid, gelykheid en vryheid. Hierdie regte beskerm ons vermoë om te leef, te werk en ten volle deel te vorm van die samelewing. Maar daar is nog ‘n menslike behoefte wat selde in hierdie gesprekke bespreek word. Die behoefte aan hoop. Want sonder hoop kan selfs vryheid leeg voel. Besprekings oor Menseregte fokus dikwels op basiese behoeftes soos behuising, onderwys en gesondheidsorg. Hoewel hierdie almal noodsaaklik is, is mense nie net fisies nie, maar ook emosioneel en geestelik. Ons moet ’n doel hê. Ons moet betekenis hê.

Lees meer

ander hulpbronne

Bybel-per-Maand Klub

Danksy die bydraes van klublede was dit die afgelope 24 jaar vir die Bybelgenootskap van Suid-Afrika moontlik om Bybels aan duisende mense in Suid-Afrika, Afrika en verder beskikbaar te stel.

Die Saaier

Die Saaier is die amptelike nuusbrief van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika en het die eerste keer op 1 April 1957 verskyn. Lees meer oor wat ons doen asook die impak van die Bybel in ons land en regoor die wêreld.

Bybel Katalogus

Volledige Bybels is beskikbaar in 11 amptelike tale van Suid-Afrika. Die BSSA is ook verantwoordelik om die Bybel beskikbaar te stel in geskikte formate, soos oudio, toepassings, braille en grootdruk.

BibleSA

Lees die Bybel gratis aanlyn in 11 amptelike tale van Suid-Afrika. Jy kan ook leesplanne volg, addisionele Bybelse hulpbronne bekyk en nog baie meer. Sluit vandag aan vir jou gratis rekening!