Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se oorsprong is nou verbind tot die storie van Mary Jones en die stigting van die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap.
In 1800 het die 15-jarige Walliese meisie, Mary Jones, ongeveer 40 kilometer te voet afgelê deur Noord-Wallis om haar eie Walliese Bybel te bekom. Sy het vir ses jaar geld gespaar voordat sy haar tog na Bala aangepak het. Dit is hier waar sy eerwaarde Thomas Charles besoek het. Mary se doelgerigtheid om haar eie Bybel te besit, het hom so aangeraak dat hy haar drie Bybels vir die prys van een aangebied het.
Mary se storie het vinning onder die kerkleiers versprei en het ‘n bespreking begin oor die beskikbaarheid van bekostigbare Bybels in Wallis. Tydens die vergadering van die Religious Tract Society op 7 Desember 1802, het eerwaarde Joseph Hughes die vraag gevra: “As ons dit vir die mense van Wallis doen, hoekom kan ons dit nie vir al die mense in die wêreld doen nie?”
Dit is hoe die Bybelgenootskap, soos ons dit vandag ken, begin het en regoor die wêreld uitgebrei het.