Waarom is daar kopiereg op die Bybel?
Watter vertalings van die Bybel word deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se kopiereg beskerm?
Wat is die kostes verbonde aan kopiereg?
Onder watter omstandighede is dit nie nodig om vir kopiereg aansoek te doen nie?
Wie hou die kopiereg vir Engelse vertalings van die Bybel?
Laai die volledige kopieregbeleid van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika hier af.
Laai die aansoekvorm vir individue en regsentiteite af.
Vir enige ander kopieregnavrae stuur asseblief e-pos aan copyright@biblesociety.co.za of kontak ons by 021 910 8777.
Die vernaamste redes vir kopiereg op enige gepubliseerde werk is eerstens om die integriteit van die teks te beskerm en tweedens om die regte van die kopiereghouer te beskerm.
Kopiereg op die Bybel help om die integriteit van die teks te beskerm en in lyn met die Suid-Afrikaanse kopieregwet mag:
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het ook kontrakte gesluit met die kopiereghouers van sommige Engelse Bybels en moet dus kopieregfooie betaal op elke eksemplaar van so ‘n Engelse Bybel wat gepubliseer word.
Vertalings van die Bybel in Afrikaans, isiNdebele, Sepedi, Sesotho, Siswati, Setswana, Xitsonga, Tshivenda, isiXhosa en isiZulu word deur kopiereg beskerm, en is vir leesdoeleindes beskikbaar by www.biblesa.co.za.
Let asseblief daarop dat die datum wat langs ‘n vertaling verskyn slegs ‘n benaming is en nie noodwendig dui op die nuutste kopieregdatum nie.
Afrikaans
Bybel in Afrikaans 1933/1953
Bybel in Afrikaans 1983/1992
Bybel vir Dowes/almal 2007
Bybel in Afrikaans 2020
Engels
The Bible for the Deaf 2019
IsiNdebele
Bybel in isiNdebele 2012
Sepedi
Bybel in Sepedi 1904/1986
Bybel in Sepedi 2000
Sesotho
Bybel in Sesotho 1909/1961 (standaard ortografie)
Bybel in Sesotho 1989 (standaard ortografie)
Bybel in Sesotho 1989 (Lesotho ortografie)
Siswati
Bybel in Siswati 1996
Xitsonga
Bybel in Xitsonga 1929/2012
Bybel in Xitsonga 1989
Setswana
Bybel in Setswana 1970/1987
Bybel in Setswana 1908/1992
Tshivenda
Bybel in Tshivenda 1998
IsiXhosa
Bybel in isiXhosa 1859/1975
Bybel in isiXhosa 1996
IsiZulu
Bybel in isiZulu 1959/1997
Bybel in isiZulu 2020
Die koste van kopiereg word vir elke individuele publikasie bepaal. Koste word bepaal op grond van die hoeveelheid skrifgedeeltes wat aangehaal word en ook die persentasie van die produk wat uit skrifaanhalings bestaan. Daarna word die kopieregfooi gegrond op die verkoopsprys van die spesifieke publikasie.
Kontak die volgende organisasies om aansoek te doen vir Engelse kopiereg:
CEV (Contemporary English Version)
Kopiereg © American Bible Society
Theresa Dionisio e-pos: tdionisio@americanbible.org
www.americanbible.org
TEV (Today’s English Version) ook GNT (Good News Translation)
Kopiereg © American Bible Society
Theresa Dionisio e-pos: tdionisio@americanbible.org
www.americanbible.org
ESV (English Standard Version)
Kopiereg © Crossway Bibles
Good News Publishers
1300 Crescent Street, Wheaton, IL 60187 USA
permissions@gnpcb.org
KJV (King James Version) ook AV (Authorised Version)
Geen kopiereg (kopieregvry)
NIV (New International Version)
Kopiereg © Biblica, Inc.
www.biblica.com
NKJV (New King James Version)
Kopiereg © HarperCollins Christian Publishing
Attn: Bible Rights and Permissions
501 Nelson Place, Nashville, Tennessee 37214-1000 USA
Robert Downs e-pos: Robert.Downs@harpercollins.com