In Die Nuus

Erfenisdag in Suid-Afrika

Met Erfenisdag wat op 24 September gedenk word kry Suid-Afrikaners die geleentheid om ons ryk en veelsydige kulture, tale en stories – wat die fondasie van ons eklektiese nasie vorm – te vier. Dié dag is ook simbolies van talle bybelse temas, wat veral tot die diversiteit en belangrikheid van gemeenskappe spreek. In Genesis lees ons hoe die skepping van die mensdom vorm gee aan die goddelike plan vir diversiteit. Daar is spesifieke Bybelverse wat ons herinner dat alle God alle mense geskape het na Sy beeld. Elke kultuur, taal en erfenis bevat dus ’n unieke aspek van hierdie goddelike beeld.

Lees meer

Los ’n nalatenskap van geloof

Jy het ’n leeftyd gewerk om ’n nalatenskap te bou. Jy het daarna gestreef om mense te help en jou grootste vreugde was heel moontlik om die Evangelie met mense te deel – om hulle te vertel van God se offerwerk en sy seun Jesus, wat die grootste opoffering vir die ganse mensdom gemaak het. Dalk wens jy dat jy met groter vrymoedigheid hierdie Goeie Nuus met ander kon deel. Wens jy daar was meer tyd om meer te doen? Jy het jou lewe lank die Bybel en die waardes gekoester wat jou daagliks gelei het – in tye van geluk, moeilikheid, onsekerheid, hartseer en wanhoop.

Lees meer

Vier 204 jaar van Bybelwerk saam met die Bybelgenootskap van Suid-Afrika!

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) herdenk op Vrydag, 23 Augustus 2024, sy 204de bestaansjaar. Sedert die BSA se stigting in 1820, het die BSA en diegene in diens van die organisasie met groot toewyding daarna gestreef om die visie van ’n Bybel vir elkeen te verwesenlik. In die praktyk behels dit die vervaardiging van Bybels in die hartstaal van die diverse mense van Suid-Afrika in formate wat die Woord van God vir hulle toeganklik maak.

Lees meer

Bybelgenootskap van Suid-Afrika Stel Nuwe Uitvoerende Hoof Aan

Bellville, Kaapstad. Ds Rodney van Wyk is vandeesweek as die nuwe Uitvoerende Hoof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika aangestel. Hy sal vir die volgende twee jaar die posisie beklee. Ds Rodney van Wyk is op 16 Maart, tydens die Algemene Jaarvergadering by die Bybelhuis in Bellville, eenparig aangewys. Ds Van Wyk beklee sedert 1 November 2022 die posisie van Tussentydse Uitvoerende Hoof ná die bedanking van ds Dirk Gevers wat die rol van Sekretaris Generaal by die Wêreldbond van Bybelgenootskappe aanvaar het.

Lees meer

Hoof van Bybelgenootskap aangestel in top pos by Wêreldbond van Bybelgenootskappe

Ds Dirk Gevers, die Uitvoerende Hoof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) is as die nuwe Direkteur-generaal van die Wêreldbond van Bybelgenootskappe (WBG) aangewys. Die WBG is ʼn wêreldwye netwerk van Bybelgenootskappe wat in meer as 240 lande en gebiede werksaam is, en hy volg Michael Perreau op na die se aftrede later vanjaar. Hy is die eerste ampsdraer van ’n Bybelgenootskap in Afrika om hierdie rol te beklee.

Lees meer

Vastrap oor Afrika vir Bybels

Die twee susters, Lynsey en Suzann Knoetze, was vasberade om “hulself te vind” op ‘n onlangse vakansie maar ontdek toe opnuut die Bybel. Dit het hulle lewens verander en nou wil hulle help om die lewens van mense regoor Afrika ook te verander. “Terwyl ons die Bybel bestudeer het, het iets net in my kop geskuif. Ek het besef dit is wat in my lewe ontbreek het. Ek het hierdie oorweldigende gevoel gehad dat almal hiervan moet weet. Die Woord moes net eenvoudig uit!” onthou Lynsey opgewonde.

Lees meer

Fietse brul weer vir Bybels

Dit is weer tyd vir die Word Riders-toer wanneer motorfietsryers die lang pad vat vir Bybels. Vanjaar se toer is deur die suidelike deel van die Oos-Kaap. ‘n Groep van 59 mense wat 37 motorfietse insluit het op 7 April vanaf Port Elizabeth vertrek. Die toer is ter ondersteuning van die Bybelgenootskap se projek Bybels vir Graad 7-leerders. Die dorpe wat die groep sal besoek is Jeffreysbaai, Humansdorp, Willowmore, Uniondale, Aberdeen en Graaff-Reinet.

Lees meer