
Van ʼn enkele Bybel tot ʼn leeftyd van bediening
Soms is dit iets eenvoudigs soos ʼn enkele Bybel en ʼn unieke ervaring wat die koers van iemand se lewenspad kan verander. Die Bybel wat Gerhard Pietersen se toekoms help vorm het, was nie ʼn erfstuk of antieke Familiebybel op die rak nie. Dit was ʼn geskenk van sy oupa – ʼn Afrikaanse 1983-vertaling Bybel, wat aan elkeen van die kleinkinders gegee is. Op 10-jarige ouderdom het Gehard die Jesus-film op televisie gesien. Die kruisigingstoneel het hom diep geraak.






