Die Woord binne die Stilte

Bring die Woord aan die Dowes

Help ons om Bybels aan Dowes te voorsien deur skole en organisasies wat die dowe gemeenskap dien

In Suid-Afrika is daar meer as 600 000 mense wat doof is en miljoene meer wat met gehoorverlies leef. Baie van hulle vind dit moeilik om tradisionele Bybelvertalings te verstaan wat oorspronklik vir horende lesers vertaal is. Jy kan help om dit te verander.

Hoekom dit saak maak

Laat God se Woord in die stilte spreek

Die dowe gemeenskap is een van die groepe wat die ergste deur funksionele ongeletterdheid geraak word.

Gesproke en geskrewe tale is deurdrenk met idiome en uitdrukkings wat vir baie dowe lesers verwarrend kan wees.

Die gevolg is dat toegang tot Bybeltekste wat hulle werklik kan verstaan, uiters beperk bly.

Wanneer mense nie toegang het tot God se Woord in ’n taal en formaat wat hulle verstaan nie, word hulle uitgesluit van die grootste storie wat nog ooit vertel is.

Geletterdheid onder Dowes is laag. Baie dowe volwassenes kan slegs lees op die vlak van ’n horende agtjarige kind.

Ons oplossing:
The Bible for the Deaf

Om hierdie struikelblokke te oorkom, het die Bybelgenootskap van Suid-Afrika ’n Engelse Bybel spesifiek vir Dowes in 2019 gepubliseer.

Kenmerke van hierdie gespesialiseerde Bybel:

  • ’n Volledige Bybel wat die Ou en Nuwe Testament bevat
  • Grootdruk vir beter toeganklikheid
  • Illustrasies en kaarte om begrip te bevorder
  • Voetnote en ’n woordelys wat moeilike konsepte verduidelik

Hierdie Bybel is ’n volledige, maklik-om-te-lees vertaling wat ontwikkel is vir dowe lesers wat Gebaretaal gebruik en sukkel om standaardvertalings te verstaan.

“Toe ek my Bybel gekry het, het ek uiteindelik die Bybel verstaan. Dit was asof die Here vir die eerste keer met my gepraat het.”

Die veldtog – Die Woord binne die Stilte

Hierdie September, tydens Dowebewustheidsmaand, het die Bybelgenootskap die veldtog, Die Woord binne die Stilte, van stapel gestuur.

Deur hierdie inisiatief nooi ons jou uit om saam met ons te werk om:

  • The Bible for the Deaf aan skole, kerke en organisasies beskikbaar te stel
  • Struikelblokke te verwyder wat begrip van die Bybel bemoeilik
  • Die Woord van God te deel met ’n gemeenskap wat dikwels agterweë gelaat word

Ons doelwit
Om 400 Bybels gratis beskikbaar te stel = R100 000 benodig

Wanneer jy gee, plaas jy ’n Bybel direk in die hande van iemand wat dit dringend benodig

Die nood is dringend

Wat is “funksionele geletterdheid”?

Dit is die vermoë om lees-, skryf- en berekeningsvaardighede effektief in die alledaagse lewe toe te pas.

Baie dowe Suid-Afrikaners bereik nooit hierdie vlak van geletterdheid nie, aangesien die meeste hulpmiddels vir horende mense geskryf is.

Die impak:

  • Beperkte opvoedings- en loopbaangeleenthede
  • Afsondering van gemeenskapslewe
  • Struikelblokke om God se Woord te verstaan
Wanneer jy hierdie veldtog ondersteun, help jy Dowes om die Bybel maklik te lees, geestelik te groei en aktiewe deelnemers in hulle geloofsgemeenskappe te wees.

Wees deel van die oplossing

In die strewe om God se Woord toeganklik te maak, hoef jy nie op die kantlyn te staan nie – jy kan deel wees van die oplossing.

Elke bydrae, ongeag die bedrag, help om ’n Bybel in die hande van iemand in die dowe gemeenskap te plaas wat andersins nie toegang daartoe sou hê nie.

Saam kan ons struikelblokke uit die weg ruim en verseker dat niemand uitgesluit word van die lewensveranderende boodskap van die Bybel nie.

Jou bydrae sal:

  • ’n Bybel vir die Dowes in die hande plaas van iemand wat nog nooit self een besit het nie
  • Skole en kerke toerus om die Bybelleringe effektief aan dowe leerders oor te dra
  • Individue bemagtig om God se Woord self te lees en te verstaan

Elke donasie van
R250 = 1 Bybel

Help ons om R100 000 in te samel sodat ons 400 Bybels kan skenk

Hoe jy ons kan ondersteun

  • Gee ’n donasie vandag – elke rand tel
  • Moedig jou kerk of groep aan om deel te neem aan Dowebewustheidsmaand deur hierdie veldtog te ondersteun
  • Deel hierdie webblad met vriende, familie en op sosiale media om bewustheid te skep

Hoekom ’n donasie aan die Bybelgenootskap gee?

Vir meer as 200 jaar vertaal, druk en versprei die Bybelgenootskap van Suid-Afrika bekostigbare Bybels in 11 amptelike tale, asook gespesialiseerde formate soos braille en Dowe-vriendelike vertalings.

Ons is betroubaar, aanspreeklik en toegewyd om te verseker dat niemand uitgesluit word van toegang tot die Bybel nie.

Laat Die Woord binne die Stilte spreek

Saam kan ons die struikelblokke uit die weg ruim en die Woord van God aan die dowe gemeenskap in Suid-Afrika beskikbaar stel.

Ondersteun projek

Donasies vir hierdie projek is nou gesluit, dankie vir u ondersteuning!

Direkte Inbetalings

Bank: ABSA
Rekeningnommer: 260 208 950
Takkode: 632-005
Donasieverwysing: EBD_1400

Stuur asseblief u bewys van betaling na biblia@biblesociety.co.za

Aanlyn Betalings