Die doel van die projek is om hoop te bring vir mense wie se lewens deur skielike en traumatiese gebeure geraak is. Dikwels beteken dit die verlies van materiële besittings, insluitend Bybels. Deur die Woord van God in hulle hande te plaas, word hulle bemoedig en gee dit weer hoop.
Elke bydrae van R115 wat ons ontvang, maak dit moontlik om een Bybel te versprei.