“’Van brood alleen sal die mens nie leef nie, maar van elke uitspraak wat uit die mond van God kom.’”
Matteus 4:4 (2020-vertaling)
Jou donasie plaas ’n Bybel in die hande van ’n kind, ’n gesin wat sukkel of ’n kwesbare gemeenskap in Suid-Afrika.
In Suid-Afrika is daar na raming 18,8 miljoen mense wat in uiterste armoede leef. Vir miljoene gesinne is hul daaglikse lewe ’n oorlewingstryd. Kos, water, skuiling en mediese sorg is ’n voortdurende bron van kommer. In huishoudings waar die beskikbaarheid van selfs die basiese behoeftes onseker is, is die besit van ’n Bybel ’n luukse wat min mense kan bekostig.
Ons glo dat die Woord van God troos, leiding en onwrikbare hoop gee, veral in tye van swaarkry. Die doel van die Bybels vir die armste van die armes-projek is om Bybels en bybelse materiaal op ’n verantwoordelike wyse aan mense in gemeenskappe met beperkte hulpbronne beskikbaar te stel. Jou bydrae kan iets wat soos ’n ver verwyderde luukse voel, omskep in ’n werklikheid wat ’n lewe kan verander.
In gemeenskappe waar oorlewing die hoogste prioriteit is, is geestelike hulpmiddels dikwels onbekombaar.
Ons glo dat toegang tot God se Woord nooit ’n luukse moet wees nie. Deur Bybels direk in die hande te plaas van diegene wat dit broodnodig het, bied ons geestelike bemoediging, hoop en die waarheid te midde van daaglikse swaarkry.
Individue, gesinne en gemeenskappe in al nege provinsies van Suid-Afrika wat nie ’n Bybel kan bekostig nie.
Die impak van hierdie projek is beide onmiddellik en blywend:
“Die Bybels het studietyd verbeter deur ons jong begunstigdes met geestelike kennis, leiding en hoop toe te rus … dit help om ’n sterk morele grondslag te bou.”
Uviwe Child & Youth Services
Ondersteun die druk en verspreiding van Bybels en bybelse materiaal.
Vir ontvanklike harte, veranderde lewens en suksesvolle verspreiding.
Jou netwerk kan ons help om ons reikwydte te vergroot.
Elke Bybel wat versprei word, is ’n boodskap van hoop.
Elke donasie wat ontvang word, help om ’n lewe te verander.
Help ons om die Bybel te deel en om hoop te gee waar dit die nodigste is.
By ons is die uitdagings baie persoonlik. Baie van ons begunstigdes woon in gemeenskappe wat gekenmerk word deur werkloosheid, huishoudelike geweld en dwelmgebruik. Tog sien ons hierdie projek as ’n reddingstou van hoop, wat vir ons sê dat toegang tot God se Woord hoop en leiding sal gee aan gesinne wat sukkel om betekenis en stabiliteit in hulle lewens te vind.
Kraaifontein Community NPO
Ons staar daagliks armoede, dwelmmisbruik en werkloosheid in die gesig. Ondanks hierdie uitdagings volhard ons in ons geloof dat die Bybels wat mense ontvang hulle sal motiveer en bemagtig om aan te hou, met die kennis dat God hulle nie vergeet het nie.
Hope and Light Community Welfare NPC
Daar is ’n groot behoefte aan bybelse groei en onderrig binne ons gemeente en hierdie Bybels sal gelowiges help om hulle geloof te verdiep en nader aan God te wandel.
Kerk van God van Verheerliking
Die Bybels sal ons gemeentelede help om hulle geloof meer doelgerig uit te leef en om bybelse beginsels in hul daaglikse wandel met God toe te pas.
Living Prayer Life Bible Church
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 260 208 950
Takkode: 632-005
Donasieverwysing: Projek_1505
Stuur asseblief u bewys van betaling na biblia@biblesociety.co.za