Die Bybel: Hoop vir almal (boekie)
Die Skrif, Ou en Nuwe Testament, is reeds vir eeue vir miljoene mense in elke deel van die wêreld en onder alle moontlike omstandighede, ’n bron van hoop. Die Bybel, God se lewende Woord, gaan steeds voort om ten spyte van enige grense en beperkinge wat daar mag wees, mense deur die ewige gawes van geloof, hoop en liefde te inspireer.
Die Bybel bring werklik ware Hoop vir almal en dit is met groot blydskap dat ons graag hierdie boekie met jou wil deel in die hoop dat dit jou sal help om die lewende boodskap van die Bybel op ’n nog dieper vlak te ervaar. Soos die geval met die twee Emmausgangers (en terug na Jerusalem) is jou persoonlike reis met Gods Woord die sleutel!
Laai hierdie hulpbron af in jou voorkeurtaal en -formaat hieronder.
AFRIKAANS: Pdf
ENGELS: Pdf
ISIZULU: Pdf