
As jou lewe donker word …
Soms word ons oorweldig deur die swaarkry van die lewe. Hierdie Bybelseleksie is saamgestel om dié wat deur donker dieptes gaan nuwe hoop te gee.
Soms word ons oorweldig deur die swaarkry van die lewe. Hierdie Bybelseleksie is saamgestel om dié wat deur donker dieptes gaan nuwe hoop te gee.
Die lyding van die talle mense wie se lewens deur MIV/vigs aangeraak is, gryp ons aan die hart. Hierdie Skrifgedeeltes is saamgestel om dié wat ly, te bemoedig en te versterk.
Die e-boek weergawe van die Evangelie volgens Johannes in Afrikaans met kruisverwysings en voetnote. Beskikbaar in epub-formaat wat op rekenaar, e-lesers, slimfone en tabletrekenaars afgelaai kan word. Die mobi-formaat is ook beskikbaar vir diegene wat ‘n Kindle besit.
Die vier Evangelies vertel die verhaal van Jesus se lewe, sy dood en sy opstanding. Hierdie e-boekweergawe van die Evangelies volgens Matteus, Markus, Lukas en Johannes sluit kruisverwysings en voetnote in.
Volg E100, ‘n opwindende leesrooster wat jou help om in een jaar deur die Bybel te lees. Dit neem jou deur 100 essensiële Skrifgedeeltes uit die Bybel wat die groter prentjie duidelik maak.
Hierdie pamflet verseker jou van God se liefde en beklemtoon wat dit beteken om ‘n kind van God te wees. Verskeie Skrifgedeeltes word aangehaal om jou deur moeilike tye te dra.
Verkragting kan met enige iemand gebeur – selfs die dogter van ‘n magtige koning. Hierdie Skrifgedeeltes is saamgestel om slagoffers te bemoedig en te versterk.
Die Bybel kan oorweldigend wees vir nuwe lesers. Hierdie boekie sal hulle help om te verstaan wat die Bybel is en hoekom hulle dit moet lees. Dit bevat praktiese voorbeelde wat verduidelik hoe om deur die Bybel te navigeer en help lesers om die Bybel op hulle alledaagse lewe toe te pas.
Hierdie Skrifgedeeltes is saamgestel om mense in tye van siekte en moeilike omstandighede te vertroos en te bemoedig.
Die Bybelgenootskap-beweging begin by ‘n Walliese meisie, Mary Jones, se begeerte na ‘n Bybel. Mary is gebore in ‘n tyd toe Bybels baie skaars en duur was en het van kleins af ‘n verlange na ‘n eie Bybel gehad. Op 15-jarige ouderdom, nadat sy vir jare gespaar het, het sy ongeveer 40 km te voet afgelê om ‘n Bybel te bekom.
Het jy enige vrae oor die Bybel? Hierdie boekie bevat interessante inligting oor die Bybel, insluitend: Het jy geweet?, Wie het die Bybel geskryf?, Wanneer is die Bybel geskryf?, Waarom kan ons die Bybel vertrou?, Hoe betroubaar is die Bybel deur die eeue oorgelewer?, Wat beteken die Bybel vir my? en Hoe kry ek antwoorde op my vrae?
Hierdie handige sakgroottegids, Padkaart vir die lewe, bevat ‘n verskeidenheid wyse woorde uit die Bybel. Enigiemand, ongeag of hulle studeer, werk, of uitsien na aftrede, kan dit as ‘n riglyn in hulle lewe gebruik. Met God as jou kompas, sal hierdie Skrifgedeeltes jou op jou lewenspad lei en jou help om jou geloof toe te pas in die verskillende fases op jou lewenspad.
Hierdie seleksie is spesifiek saamgestel vir ‘n handige verwysing waar om plante en diere wat in die Bybel voorkom, te vind, asook ‘n hele paar beroepe in die Bybel wat steeds vandag beoefen word.
Die Bybel is ‘n boek wat die ondervinding van mense en die manier waarmee God met ons omgaan, beskryf. Hierdie verwysings sal jou help om boodskappe in die Woord te vind wat sal help om die uitdagings, probleme en vreugdes van die lewe te hanteer.
Alkohol- en dwelmmisbruik is besig om onberekenbare skade in ons samelewing aan te rig. Volwassenes sowel as jongmense word blootgestel aan die gevolge hiervan. Hierdie seleksie Skrifgedeeltes waarsku mense teen die dwaasheid van dronkenskap en verslawing en bied ‘n reddingstou aan dié wat hulle in die kringloop van verslawing bevind.