Nuus

Erfenisdag in Suid-Afrika

’n Bybelse Nabetragting van Diversiteit en Eenheid

Met Erfenisdag wat op 24 September gedenk word kry Suid-Afrikaners die geleentheid om ons ryk en veelsydige kulture, tale en stories – wat die fondasie van ons eklektiese nasie vorm – te vier.

Dié dag is ook simbolies van talle bybelse temas, wat veral tot die diversiteit en belangrikheid van gemeenskappe spreek.  

In Genesis lees ons hoe die skepping van die mensdom vorm gee aan die goddelike plan vir diversiteit. Daar is spesifieke Bybelverse wat ons herinner dat alle God alle mense geskape het na Sy beeld. Elke kultuur, taal en erfenis bevat dus ’n unieke aspek van hierdie goddelike beeld.

“En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.” Génesis 1:27 (1933/1953-vertaling)

Net soos die vroeë kerk in Handelinge 2 ervaar het hoe die Heilige Gees mense bemagtig om mekaar te verstaan ondanks taalversperring, kan Suid-Afrika se veeltalige gemeenskap inspirasie hieruit kry. Dit wys daarop hoe tale en kulture, wanneer dit omhels word, tot ’n dieper konneksie en wedersydse respek lei.

Erfenisdag beklemtoon ook die belangrike taak om Suid-Afrika se 12 amptelike tale – wat elkeen ’n eiesoortige kultuur en geskiedenis verteenwoordig – te bewaar en te vier. Die Bybel herinner ons gereeld aan die krag van taal om wysheid en gemeenskapswaardes oor te dra. In Spreuke 18:21 staan: “Dood en lewe is in die mag van die tong”. Dit beklemtoon die belangrike rol wat taal speel om op te bou en verhoudinge te versterk, eerder as om verdeeldheid te skep.  

Die Nuwe Testament moedig gelowiges ook aan om diversiteit binne die liggaam van Christus te verwelkom. In 1 Korintiërs 12:12-14 skryf Paulus oor die samewerking tussen die verskeie liggaamsdele wat tot een geheel bydra. Hierdie konsep weerspieël Suid-Afrika se behoefte vir eensgesindheid te midde van diversiteit. Erfenisdag herinner ons daaraan dat Suid-Afrika, net soos die Kerk, kan floreer wanneer ons verskillende kulture en tale erken en gevier word.   

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is toegewyd tot die aanvaarding van diversiteit in ons land. Ons werk help om die gaping tussen God se Woord en taalversperring te oorkom. Die vervaardiging en verspreiding van die Bybel in 11 van die amptelike Suid-Afrikaanse tale verseker dat elke Suid-Afrikaner toegang tot die Bybel kan hê.

Die Bybelvertalingsprojekte waarmee ons tans besig is, sluit vier inheemse tale in – !Xuhn, Khwedam, Khelovedu en TjiHlanganu. Hierdie inheemse gemeenskappe het die Bybelgenootskap genader met ’n behoefte om die Woord van God in hulle moedertaal te hê.

Terwyl Suid-Afrikaners op hierdie dag bymekaarkom om ons erfenis te herdenk, word ‘n geleentheid gebied vir nadenke oor ons gedeelde menslikheid en om individuele kulture te vier om ’n omgewing  van begrip en  respek daar te stel. Op hierdie wyse kan Suid-Afrikaners ’n sterker struktuur van samelewing en nasionale identiteit bou wat nie net hulde bring aan die verlede nie, maar ook die weg baan na ’n voorspoedige toekoms.

Erfenisdag is ‘n samevatting van die belangrikheid wat die Bybel ons leer oor diversiteit, eensgesindheid en gemeenskap. Deur ons verskillende tale en kulture te koester, kan ons as ’n nasie groei wat waardes van inklusiwiteit en respek insluit en so Christus se onderrig oor die rykheid van menswees vier.   

Geniet Erfenisdag!

Ondersteun ons huidige Bybelvertalingsprojekte

Lees die Bybel gratis in 11 Suid-Afrikaanse tale

Koop bekostigbare Bybels in jou taal aanlyn