
Die Woord binne die Stilte: God se Woord vir Dowes van Suid-Afrika
Daar bestaan ’n diep, maar dikwels ongesiene nood binne die Suid-Afrikaanse Dowegemeenskap: toegang tot die Woord van God op ’n manier wat werklik verstaanbaar is. Vir horendes is die Bybel dikwels vanselfsprekend, maar vir diegene wat doof gebore is, voel tradisionele Bybelvertalings soos ’n vreemde taal – gevul met idiome en uitdrukkings wat hulle nie verstaan nie. Hierdie werklikheid is die motivering vir die Bybelgenootskap se Die Woord binne die Stilte-veldtog.






